Kritiese teorie

Die kritiese teorie is 'n deur Hegel, Marx, Nietzsche, Weber en Freud geïnspireerde sosiologiese-filosofiese analise van die burgerlik-kapitalistiese samelewing, wat onder andere deur verteenwoordigers van die Frankfurt Skool ondersteun word. Die teorie lê nadruk op die kulturele faktore teenwoordig in die ideologie van die kapitalisme. Doelstellings van hierdie teorie is nie alleen die verskaffing van 'n verklaring vir die werklikheid nie, maar ook die verandering van die werklikheid.

Die term kritiese teorie verwys na die titel van die essay Traditionelle und kritische Theorie (Tradisionele en kritiese teorie) van Max Horkheimer uit 1937.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search